Lente in die Boland.
Wanneer en waar het ek dit geskryf? ‘
Ek probeer onthou. Die eerste reëls wat by my opkom, is:
Want ons was jonk gewees
En ons was dronk gewees
Die hele lewe was ’n bring-en-braai
(https://soundcloud.com/koosk-1/lente-in-die-boland)
Vol nostalgie dink ek terug. En ook met ’n bietjie kommer.
Was dit nie dalk ’n bietjie onverantwoordelik om studente indirek aan te moedig om ook “dronk” te word soos wat ons dronk was tydens ons Matie-jare nie?
Dis ’n feit soos ’n koei: studente drink oor die algemeen te veel.
Dalk, om hierdie rede, is daar nou ’n stuk voorgestelde wetgewing op die tafel wat, indien aanvaar, die regering klaarblyklik in staat sal stel om die verhoging van die ouderdom van wettige alkohol-konsumpsie vanaf agtien tot een-en-twintig (http://klyntji.com/post/133396539178/koos-kombuis-lente-boland).
Sou so-iets ’n goeie ding of ’n slegte ding wees?
...
’n Wet soos hierdie, vrees ek, hoe goed ook al bedoel, sal beslis meer kwaad as goed doen. Dit sal die kulturele landskap van Stellenbosch handomkeer verander. Dit sal W.E.G. Louw se woorde sinloos maak:
Die hele Boland ruik na wyn (http://klyntji.com/post/133396539178/koos-kombuis-lente-boland).
Okei, kom ons kyk objektief hierna. Hoe oud is die gemiddelde eerstejaar wat met sy of haar studies begin?
Neem nou maar ’n tipiese jong Afrikaanse Matie-eerstejaar. Kom ons noem hom Jeandré, want hy is waarskynlik ’n bietjie bederf en sy ryk ouers het hom met ’n pretensieuse naam opgesaal. Maar dis nie sy skuld nie. Hy het ten minste een ding reg gedoen. Hy het sopas Graad 12 deurgekom, en is nog agtien wanneer hy aankom op Stellenbosch se kampus.
Volgens die nuwe wetgewing, indien dit deurgevoer word, sal Jeandré nie mag drank koop en geniet in openbare plekke voor hy met sy Honneurskursus begin nie (http://klyntji.com/post/133396539178/koos-kombuis-lente-boland).
Terug na die studente (dit gaan hier immers nie net oor my loopbaan nie). ’n Totale verbod op drank op alle kampusse kan ongewenste en onvoorspelbare konsekwensies hê wat, paradoksaal genoeg, die drankmisbruik-probleem onder studente eerder sal vererger as verbeter!
Stel jou ’n universiteitskampus voor waar ’n sopie geniet saam met jou klasmaats so strafbaar is soos om ’n joint te rook saam met jou skorrie-morrie-vriende.
’n Kultuur van wetteloosheid en geheimhouding sal ontstaan waarin studente dit as hul reg sal sien om reëls te breek.
In ’n omgewing waar drank en dagga as ewe “sleg” gesien word, sal baie meer studente ook begin dagga rook. Alkohol kan die nuwe “gateway drug” word
....
Hierdie voorgestelde wetgewing raak natuurlik nie slegs studente nie, maar alle jongmense. Paartjies wat trou voor hul een-en-twintigste verjaarsdag, sal nie ’n glasie sjampanje mag klink by hul eie huweliksonthaal nie. Die huwelike sal na die tyd in die hotelkamer gekonsumneer moet word met total oneffektiewe opkikkers soos Red Bull, Cola Tonic of ’n koppie rooibostee (http://klyntji.com/post/133396539178/koos-kombuis-lente-boland).
Koos Kombuis is op 5 November 1954 in Kaapstad gebore as André le Roux du Toit, een van drie seuns. ...Koos Kombuis is ’n Afrikaanse musikant en skrywer. Hy het in die laat 1980's bekendheid verwerf as deel van die anti-establishment alternatiewe Afrikaanse musiekbeweging wat ’n hoogtepunt bereik het met die landwye toer Voëlvry. Ander musici wat deel uitgemaak het van die beweging was Johannes Kerkorrel en Bernoldus Niemand (James Phillips). Dit was ’n groep jong Afrikaners wat gekant was teen apartheid en die regerende Nasionale Party (https://af.wikipedia.org/wiki/Koos_Kombuis) (https://nl.wikipedia.org/wiki/Koos_Kombuis).
Die man wat op Wikipedia beskryf word as “ . . . ’n ikoon vir sommige Suid-Afrikaners wat hom beskou as die ghoeroe van Afrikaanse rockmusiek en die vader van non-konformistiese Afrikaanse kultuur”, het pas sestig geword. Die onderhoud vind teen dié agtergrond plaas.
Sy vertellings word gekenmerk deur ironie, selfspot, doelbewuste oordrywing, kwinkslae, woordspelings, en ’n gevaarlike gemoedelikheid waarin stekies kan skuil. Dit is – soos van sy skryfwerk – dikwels satiries van aard, en word gepunktueer deur sy lag, wat wissel van ’n giggel tot iets amper manies.
Maar Koos Kombuis is ook die skepper van werke soos “Onder in My Whiskeyglas” en “Lisa se Klavier” – ’n randfiguur wie se gefolterde jeug in skerp kontras staan met wat ’n mens by hom as ligsinnigheid mag beleef (www.netwerk24.com/Stemme/Profiele/Koos-is-nie-meer-cool-nie-20141121).
Dus...